Bruidspaar trou soos pa en ma

Mnr. Jaco Henning en sy nuut gevonde liefde, Lizette Niemand het verlede Saterdag op presies dieselfde plek gestaan toe hulle in die huwelik bevestig is, as waar sy ouers ’n halfeeu gelede gestaan het.

 

Die paartjie het in die welbekende Twee Toring Kerk in Bloemfontein op presies dieselfde plek, en presies dieselfde tyd, met dag en datum ingesluit, mekaar trou beloof soos wat die bruidegom se ouers 50 jaar gelede trou aan mekaar beloof het.

 

Sy ouers, Koos en Bets, is op Saterdag 3 Augustus 1963 in dieselfde Kerk getroud. Jaco se pa is intussen oorlede, maar sy 76-jarige moeder het die troue bygewoon en ook die emosie van die geleentheid meegemaak.