Brics se remskoenprobleme

 

Drie van die vyf ledestate van Brics, Suid-Afrika, Indië en Brasilië se ekonomië het die afgelope jare ‘n gemeenskaplike probleem ondervind deurdat hulle betalingsbalanse ‘n opbouende negatiewe saldo toon. In die geval van Brasilië is dit ‘n meer onlangse probleem. Die drie lande se geldeenhede het oor die afgelope jaar aansienlik verswak.

 

Indië se negatiewe handelsbalans, wat in 2001-02 op $1.08-miljard gestaan het, het vir die 2012-13 jaar vergroot tot ‘n negatiewe $40.77-miljard. Brasilië, wat gewoonlik met ‘n positiewe handelsbalans kon spog se 12 maande tydperk tot Junie 2013 staan negatief op $72.5-miljard. Dit is 3.2% van die land se BBP, teenoor die vorige jaar se 2.4%. Suid-Afrika se negatiewe handelsbalans het in Junie 2013 vir ‘n jaar-tot-jaar basis op R7.71-miljard gestaan en kumulatief op R75.94-miljard.

 

‘n Bykomende rede vir die drie lidlande se sukkelende geldwisselkoers is omdat die VSA se sentrale bank, die Fed, besluit het om nie meer voort te gaan met die skepping van geld om hulle ekonomie te ondersteun nie. Dit het tot gevolg dat die buitelandse geldinvloei, wat die drie genoemde ontwikkelende lande tot nou toe ontvang het, opgedroog het. Indië en Brasilië het, soos sommige ander ontwikkelende lande, daarin kon slaag om hulle lande positief te bemark vir buitelandse beleggers, terwyl Suid-Afrika nie daarin gefaal het.