Boere moeg vir swakhede in Nuwe SA

Boere in Noord-Transvaal raak nou moeg vir die swak dienslewering, die misdaad en korrupsie wat van dag tot dag in die land aan die gang is.

 

Boere het bymekaar gekom uit die omgewing van Nylstroom en het besluit om swak dienslewering en misdaad aan die groot klok te hang.

 

Die feit dat boere gereeld die slagoffers is van misdadigers, het te vêr gegaan.

 

Neels Smit, ’n boer in die Olifantspoort omgewing se plaas grens aan die N1-hoofweg naby Kranskop. Hy het verlede week groot skade gely toe 30 van sy beeste gesteel is.

 

Ao. James Findlay, woordvoerder van die polisie, sê die heinings is geknip. Die diewe het per vragmotor die plaas besoek, die beeste opgelaai en laat spaander.

 

Die gesteelde beeste is R240 000 werd.