Blosende dames oor kaalnaelers

Twee jong mans studente het vrouestudente bloedrooi laat bloos toe hulle verlede Saterdag tydens die hoofwedstryd van die intervarsity op Shimlapark oor die veld gedraf het.

 

Die twee studente het direk langs die hoofpaviljoen gereed gestaan. Net voordat die wedstryd ten einde sou loop het hulle blitsig van hulle klere ontslae geraak en oor die veld gedraf.

 

Dit het gebeur in die doodsnikke van die wedstryd tussen die Pukke en die Shimlas.

Omstanders het ’n donkerkop meisie gesien wat die twee mans se klere optel.

 

“Dis my kêrel,” het sy baie verleë aan omstanders gesê.

Die twee kwaaddoeners was te vinnig en kon nie gevang word nie.