Blanke barbarisme oopgevlek

’n Blanke vrou en twee mans, is in hegtenis  geneem in Vanderbijlpark omdat hulle ’n driejarige, blondekop-blouoog seuntjie aanhoudend met ’n skokapparaat gemartel het.

 

Die klein seuntjie was later potblou in die gesig van al die elektriese skokke.

Die vrou is glo die ma (19), en die mans, een haar kêrel (27), en een haar broer (18), wat nou verantwoording in die hof moet doen nadat video-opnames gevind is van hoe die seuntjie op barbaarse wyse gemartel word.

 

Die Welsyn-owerheid het die kind verlos uit die martel-huis en is in veilige bewaring geplaas waar hy ook sielkundige behandeling ontvang. Sy sussie, wat skaars een jaar oud is, is ’n tyd gelede in veilige bewaring gehuisves nadat soortgelyke klagtes die owerheid bereik het.