Beleggers behoort beter beskerm te word

Die inmekaar tuimeling van First Strut behoort as ’n wekroep te dien om beleggers in die effektemark, maar ook in ander sektore, vinnig en veel beter beskerm moet word.

Met sy tuimeling kan institusionele beleggers, individuele persone, sowel as van die heel grootste en bekendste fondsbestuurders, tot sowat  R1 miljard verloor.

 

Die Vryburger het reeds verlede week gerapporteer dat instansies soos Sanlam en andere, baie geld in die sektor belê het..

 

 Omdat die Banke gewoonlik eerste reg het op die grootste deel van die bates, bring dit mee dat ander beleggers waarskynlik nie veel geld gaan terugkry nie.

 

First Strut se boeke is blykbaar in ’n chaotiese gemors en die kanse dat die plek gered gaan word van totale ondergang, is uiters skraal.

 

First Strut is reeds in Julie voorlopig gelikwideer.

 

Kenners meen dat Sharemax, Realcor en First Strut meer as genoeg rede is om strenger maatreëls in te bou ter beskerming van beleggers.