Bekende Noord-Kaapse boer oorlede

Die welbekende boer, mnr. Eric de Wet (59), en direkteur van Oranjerivier-Wynkelders (OWK)  is in die Medi-clinic van Upington oorlede na hy in ’n motorongeluk betrokke was.

Sy dogter, Marize sê haar pa en haar man, Dawid Dege, was by ’n bestuursvergadering waarna hulle in hul onderskeie voertuie huis toe gery het.

Marize het later ’n oproep van haar pa gekry om te sê hy was in ’n ongeluk. Hulle het dadelik na hom gaan soek en hospitaal toe geneem.

 

Mnr. De Wet het ribbebene gebreek en sy longe is erg beskadig, maar hy sou wel ontslaan word, enkele dae daarna.

Hy is egter op die dag wat hy ontslaan sou word, op die badkamervloer van die hospitaal aangetref, en was reeds breindood.