Bejaarde deur terroriste vermoor.

Vir die soveelste keer is ‘n weerlose bejaarde deur terroriste in sy huis vermoor. Die lyk van Louisvan Wyk (77) wat rolstoel gekluister was, is verlede week in sy huis in Nigel gevind.

 

Sy lewensmaat, Susarah Joubert (77) is erg aangerand en in dieselfde slaapkamer gevind. Sy is erg getraumatiseer en word in die hospitaal in Heidelberg behandel.

 

Dit is onduidelik of daar iets uit die huis gesteel is. Die terroriste het toegang tot die huis deur ‘n oop venster verkry. Die bure het onraad vermoed en die polisie geskakel.