Ape word proefkonyne

’n Aantal Brasiliaanse wetenskaplikes se navorsing het daartoe gelei dat ‘n teenmiddel vir MIV ontwikkel is en word beplanning  gedoen om dit op ape te toets. 

 

Die instelling “Sao Paulo State Research Foundation” (FAPESP) sê dat HIVBr18  ‘n teenmiddel is vir die virus wat tot vigs lei.

 

Die teenmiddel is glo deur ‘n span van die Universiteit van Sao Paulo, in Brasilië, se mediese fakulteit gepatenteer nadat dit ontwikkel is. 

 

Die teenmiddel kan die virus blykbaar by ‘n virale lading hou, wat laag genoeg is dat die pasiënt nie ‘n gebrekkige immuunstelsel ontwikkel, of die virus oordra nie.

 

Toetse op die ape sal blykbaar vir twee jaar duur.