ANC Vroueliga gaan toi-toi

Die ANC ry weer mense met busse en treine aan vanoor die hele land om die koue reënweer van die Wes-Kaap te trotseer in hulle poging om die wereld daarop te wys dat die era van manlike oorheersing verby is.

 

Die vroueliga lei môre hul optog na die parlementsgebou en verwag blykbaar dat meer as 10,000 sal meedoen aan die getoi-toi en dansery.

Die ANC se woordvoerder, Nosipho Ntwanambi, vertel dat die vroue in die Wes-Kaap in die slegste moontlike omstandighede moet leef, terwyl vroue in die res van die land in “aansienlik beter” omstandighede leef.

Waarnemers het aan Die Vryburger die opmerking gemaak dat die optog maar net nog ’n ANC foefie is om stemme te werf vir volgende jaar se verkiesing in die gebeid waar hulle gewoonlik die onderspit delf.