ANC regering in die knyp

Die regering van Suid-Afrika bevind hom in ’’n uiters moeilike posisie met die krisis in die oorlog geteisterde Sirië vanweë sy eie pogings om betrekkinge met Oosterse, sowel as Westerse lande te versterk.

 

Die ANC-regering is bekend daarvoor dat hulle neig tot die omarming van kommunistiese lande in die Ooste, waarvan Chrina die belangrikste is. Indie en Rusland is ook, saam met China deel van die sogenaamde Brics lande.

Die sterk ekonomiese band met Westerse lande veroorsaak egter dat die ANC regering van pres. Zuma, nie openlik kant wil kies nie uit vrees dat hy nog vêrdere finansiële agteruitgang kan veroorsaak.

Brooks Spector, die voormalige Amerikaanse diplomaat en ontleder van buitelandse beleid van Amerika, sê dit is opvallend dat die Zuma regering verbind is tot groter samewerking met China, maar hou ook militêre operasies aan die gang met die VSA.

 

Waarnemers in Suid-Afrika meen dat die Zuma-regime hom nie maklik teen Westerse optrede kan uitlaat nie want, die regering is self met soortgelyke optrede besig in die DRK.