ANC – Cosatu alliansie verbrokkel.

Indien hulle voor ‘n keuse gestel word, sal die meerderheid van die Cosatu-vakbondverteenwoordigers die magtige drieparty-alliansie verlaat en by ‘n onafhanklike arbeidersparty aansluit.

Dit mag tot ‘n nuwe fase in die vakverbond lei, het Terry Bell, ‘n politieke ontleder gesê nadat Zwelinzima Vavi as hoofsekretaris van Cosatu geskors is.

 

Nuwe navorsing bewys dat die huwelik tussen die ANC, Cosatu en die SAKP aan die verbrokkel is. Dr. Andries Bezuidenhout, bedryfsosioloog aan die Universiteit van Pretoria, het gesê dit is duidelik die meerderheid van die Cosatu-verteenwoordigers wil eintlik uit die politiek kom.

 

Die vakbond Numsa het gedreig om Cosatu te verlaat indien Vavi uitgeskop word.