Al Queda Terreurgroep stewig ingeskrop in Suid-Afrika

Die Amerikaanse Regering het die afgelope paar dae ‘n groot aantal van sy Ambassades in verskeie lande gesluit as gevolg van moontlike aanvalle deur die Al Queda terreur organisasie op Amerikaanse teikens. Dit nadat hulle Geheimediens gesprekke onderskep het tussen die nuwe leier van Al Queda en sy leierskorps .

 

Die onlangse besoek van die Amerikaanse President Barack Obama aan Afrika en Suid-Afrika in die besonder, asook die gesamentlike S.A.- en V.S.A. weermag manuevers in die Oos-Kaap, laat die vraag of daar iewers iets nie raakgesien word nie.

(Ons kan aanvaar dat die Amerikaanse President goeie betrekkinge met die die Zuma-administrasie wil handhaaf .)

 

Na die 9-11 aanvalle in Amerika deur Al Queda fanatici op die gewone Amerikaanse landsburgers , is deur die V.S.A. en almal wat enigsins die V.S.A. goedgesind is, werk gemaak om enige verdagte optrede te identifiseer en enige terreur aktiwiteite in die kiem te smoor.

 

Suid-Afrika het ook aanvanklik sy samewerking gegee en ‘n opleidingsbasis vir Al Queda agente ge-identifiseer en is hulle deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se spesialis- eenheid (CATS) wat misdaad teen die Staat ondersoek en die Staatsekerheidsagentskap (SSA) oor etlike jare gemonitor.

 

Algemene Militêre Opleiding asook gesofistikeerde skerpskutter-opleiding is op meer as een plek aan ekstimistiese Moslems gebied. Hierdie hoogs geheime ondersoek , genoem Operasie Kanu, is begin net na die 9-11 tragedie in Amerika maar op onverklaarbare wyse gestaak in 2010.

 

‘n Joernalis van “ The Daily Maverick” , De Wet Potgieter, het na ‘n jaarlange ondersoek, vasgestel dat al die betroubare inligting wat versamel is, lê en stof opgaar. Daar was glo opdrag gegee van “Bo-af ”, dat die ondersoek gestaak moet word. Dit ondanks die druk wat van Britse- en Amerikaanse Intelligensie dienste op die Suid-Afrikaanse Regering geplaas is met betrekking tot die “Adder-aan-sy-boesem”.

Een van die opleidingskampe is glo naby die gewraakte Vlakplaas, nie ver van Pretoria af nie.

 

Die bewering word gemaak dat die S.A.-owerhede hulle nie steur aan dreigemente van hierdie Internasionale Terroriste nie. Dit terwyl daar “twyfelagtige” beheer oor ons landsgrense is, en bevestiging bestaan dat daar ‘n instroming van onwettige Pakistanse immigrante oor ons landsgrense plaasvind.

 

Indien ons ons gedagtes laat gaan en die geweldige omvang van die Amerikaanse magte se soektog en die uiteindelike skietdood van Osama Bin Laden, in herinnering roep, kan daar nie anders nie, as om te wonder of die Amerikaanse President ons Suid-Afrikaanse regering vertrou as ‘n bondgenoot. Dit is ook bekend dat beide die Amerikaanse – en Britse Intelligensiedienste, hierheen gekom het en ‘n ernstige waarskuwing aan die S.A.-owerheid gerig het om nie die bedoelings van die terroriste wat hier opgelei word, te onderskat nie.

 

‘n Frustrasie vir hulle moet beslis wees dat Suid-Afrika ‘n mede-ondertekenaar was van ‘n resolusie om Internasionale Terrorisme en hulle aktiwiteite teen te staan.

 

(Vervolg)

Deel 1 van die Al Queda terreur dreigement

In deel 2 word gekyk na ‘n sekere invloedryke (bekende ) familie wat verbind kan word met Al Queda.