Akteur nou TV nuusleser

Die Binneland-akteur, Eric Holm, het as die eerste verlamde nuusankerman op die Afrikaanse TV-nuusbulletin om 19:00 op SAUK 2 gedebuteer.

 

Holm (31) is verlam sedert hy sy nek in 2007 gebreek het toe hy in ‘n vlak dam geduik het om ‘n bal uit die water te haal.

 Holm het nie ‘n agtergrond in joernalistiek en uitsaaiwese nie, maar volgens hom is die direkte nuusuitsending so naby aan die lewende teater as wat kan kom.

 

Hy pendel daagliks van Hartbeespoort na Johannesburg.

 Foto – Eric Holm