Absa steier met kliënte verlies

Absa het sowat 300,000 kliënte verloor en wil te midde daarvan te kenne gee dat hulle oor ’n plan beskik om weer meer kliënte te lok.

 

Die Bank wat nou aan die Britse Barclays behoort sukkel met sy aandeel se waarde wat verlede week op een dag met 7% gedaal het.

 

Binne die eerste ses maande van 2013 het Absa se kliënte afgeneem van 9,7 miljoen tot 9,4 miljoen.

 

Die kleinhandels afdeling se netto diensgeld en kommissie het in dieselfde tyd aansienlik gedaal weens ’n afname in rekeninge en kliënte.

 

 Absa het in Junie sy eerste “futuristiese” tak in Johannesburg geopen en noem dit die tak wat papierloos is en waar kliënte nie meer in lang rye staan nie. Dit word beplan om nog vanjaar 35 sulke takke te open.

 

Voortaan sal Absa se resultate as Barclays Africa Group op die JSE begin verhandel.