AARTO soos E-tol ook ‘n mislukking

Slegs 13% van die boetes wat deur Aarto hanteer word, en sedert 2008 uitgereik is, word ingevorder.

 

Dit beteken dat die grootste mislukking daarin geleë is dat mense steeds hulle voertuie se lisensies hernu, terwyl die stelsel veronderstel is om slegs herregistrasie toe te laat as alle boetes betaal is.

 

Aarto, die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeer misdrywe, is as ’n nuwe metode deur die owerhede in werking gestel om verkeersboetes te administreer.

 

Dipuo Peters, die Minister van Vervoer, het erken dat daar in 2012-’13 is bykans 4 miljoen kennisgewings uitgereik is waarvan minder as 400,000 betaal is.

 

Kenners meen dat die gegewens dui daarop dat die E-tol stelsel nog minder werkbaar sal wees en net soos Aarto, tot mislukking gedoem is.

 

In Portugal is die e-tol stelsel gestaak omdat die stelsel nie werkbaar is nie en die administratiewe las hopeloos te swaar is.

 

’n Vorige verslag  van die Agentskap vir Padverkeersmisdrywe (RTIA) het gewys op  grootskaalse tekortkominge en uitdagings in die Aarto-stelsel. Dit het aangetoon dat

die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD) sedert Desember meer as R60 miljoen uitgegee het om 2,4 miljoen Aarto-verkeersboetes per geregistreerde pos uit te stuur.

Daarvan is minder as 5% binne 32 dae betaal. Dié boetes het intussen verval omdat die RTIA, wat dit verder moet administreer, nie dié posgeld kan bekostig nie.

 

Die betrokke verslag het ook gewaarsku dat as Aarto verder in die land ontplooi sou word, verkeersowerhede sowat R237 miljoen en die RTIA sowat R550 miljoen per jaar aan posgeld moet sal moet bestee om boetekennisgewings te bedien.

 

Nie eers 1% van meer as 400, 000 boetes wat per geregistreerde pos gestuur is, word by die poskantoor afgehaal nie.