3: Voorspelling: Vervlakking in geloof

Gelowiges in die meeste ontwikkelde lande sal teen 2041 in die minderheid wees. Dit is die mening van ‘n bio-psigoloog, dr. Nigel Barber.

 

Sy studie in 137 lande het bevind dat ateïsme floreer in gebiede waar mense materiële rykdom het.

 

Bio-psigologie studeer die aanwending van die beginsels van biologie in die studie van fisiologiese, genetiese en ontwikkelingsmeganismes van gedragspatrone in mense.

 

Sy bevinding is dat ateïsme swaar gekonsentreer is in ekonomies ontwikkelde lande en dit lyk asof godsdiens afneem wanneer ‘n individu se persoonlike welvaart verbeter.