Veediefstal: Nuwe feite kom na

Die Veediefstaleenheid van die SAPD soek naarstiglik na die sindikaat wat in Noord-Transvaal asook op ander plekke in die land besig is om op groot skaal te steel.

 

Meer as 160 beeste ter waarde van R2 miljoen is in een maand gesteel.

 

Dieselfde vragmotor en die redelike ooreenkoms in werksmetode gee aanleiding daartoe dat dit moontlik ’n sindikaat kan wees wat besig is met die stelery.

Bewysstukke dui daarop dat die skelms oral doenig is en reeds talle boere gestroop het van stoetdiere.

 

Die Vryburger het voorheen ’n foto geplaas van die verdagtes se vragmotor.