Myne: Wetswysiging kruipende nasionalisering.

 

Voorgestelde wetswysiging wat betrekking het op die mynboubedryf sal die bedryf se doodsvonnis wees. Waarnemers beskou die wysigings as kruipende nasionalisering.

 

Ingevolge die nuwe wetsontwerp sal die regering sy eie diskresie in belangrike besluite, soos bv. die toekenning van mynbouregte, kan gebruik. Dit beteken dat meer mag in die regering en spesifiek die Minister van Minerale Bronne se hande beland.

 

Die vrees bestaan dat die bepalings van so ‘n aard is dat dit beleggers die harnas sal injaag, iets wat die land nie kan bekostig nie.

Die Regering hou later vanjaar openbare verhore waar die voorgestelde wysigings bespreek sal word.