3: Eskom: verliese is miljarde Rand.

Eskom en plaaslike owerhede ly jaarlikse verliese van tot R4 miljard weens elektrisiteitsdiefstal en die kragvoorsiener sê hy het die afgelope drie jaar sowat 76,931 onwettige kragkabels ontkoppel.

 

Hierdie bedrag sluit blykbaar nie wanbetalers uit lokasies in nie.

Onluste het twee weke gelede in die Protea-Suid plakkerskamp, in Soweto uitgebreek omdat Eskom die inwoners se informele kragverbindings, wat soos spinnerakke gespan is, om elektrisiteit aan die meer as 6,000 inwoners te voorsien, afgesny het.

 

Volgens Maans van Wyk, voorsitter van die Landless People’s Movement (LPM) is al die informele kragtoevoer herstel, want die plakkers meen daar word teen hulle gediskrimineer omdat Eskom weier om gratis krag aan hulle te voorsien.

Volgens hom koppel ingenieurs wat hulle werk by Eskom verloor het, die informele kabels teen betaling. As Eskom die krag bedags afsny, koppel die ingenieurs dit weer in die nag.

 

Zodwa Madiba, voorsitter van die Soweto Electricity Crisis Committee (SECC) sê niemand gaan in volgende jaar se verkiesing stem nie. Die Regering het 20 jaar gelede gratis krag en water belowe, en die ANC moet hierdie belofte nou nakom.