Al Queda in Suid-Afrika: Die Dockrat-familie (3)

Die Dockrat-familie wat hier genoem word, moet nie verwar word met ‘n ander familie wie se van Docrat gespel word nie. Hulle het geen bande met die Dockrat-familie wat hier ter sprake is nie.

Die Dockrat-familie het vir baie jare in die omgewings van Pretoria, Johannesburg en Vereeniging gewoon. Hier word verwys na die twee neefs, Junaid Ismael Dockrat en Farhad Ahmed Dockrat asook Farouk Dockrat.

Laasgenoemde is in die tekstielbedryf en besit ook die Winkelgroep “Fashion World” in Suid-Afrika. Hy dryf handel onder die name “Judy Fashions, Mr.Nice en Solomon’s” in Pretoria-Noord. Farouk Dockrat se skoonsuster is getroud met Suleiman Dockrat en is woonagtig in Dubai.

Die Dubai-Dockrats is die eienaars van die baie bekende Sedgars-winkelgroep wat gesetel is in Vereeniging.

Nadat hulle deur die Amerikaanse Intelligensiediens uitgewys is as militante moslem-meelopers in 2007, het die Dockrat-familie hulle operasionele basis verskuif van Pretoria na die Klein Karoo en wel na ‘n afgeleë plaas genaamd Greylock.

Hierdie nuwe basis is verskuil in ‘n kloof tussen berge. Hulle het die plaas van ‘n familie Crous gekoop en gou die vrugteboorde verruil vir ‘n gemengde boerdery, bestaande uit skaap-, hoender- en groenteboerdery. Die plaas het gou nuwe geboue bygekry waaronder ook woonkwartiere. Opvallend het hulle van Malawiërs gebruik gemaak in plaas van die plaaslike arbeid.

Die Suid-Afrikaanse Misdaad intelligensiediens het kennis geneem van hulle vertrek vanaf Pretoria na hierdie nuwe terrein en ook hier is hulle glo deeglik dopgehou.

Dit was duidelik dat die opleiding daar vir rekrute vanaf Somalië, Pakistan, Jordanië en Bangladesh bedoel was. In die S.A.-media is toe gerapporteer oor ‘n militêre opleidingskamp waar instrukteurs voornemende Jihad-vegters opgelei het in alle tipes oorlogvoering.

Die Dockrat-familie het klaarblyklik agtergekom dat hulle nie meer so onopsigtelik in die Klein Karoo kon beweeg soos hulle wou nie, en het later die Greylockplaas verruil vir ‘n stuk grond naby die Stormsrivier Mond en die gewilde Tuin-roete. Hulle het ‘n beherende aandeel in ‘n ontwikkelende gholflandgoed gekoop vir ‘n beraamde R60 miljoen.

Suleiman Dockrat, toentertyd die bestuurder van hulle familie besigheid, “Fashion World SA”, en die Dubai-gebaseerde eienaar van Sedgars in Vereeniging, was in beheer van die familie se betrokkenheid by die “Tsistikamma Coastal Golf Estate”. Hier het hulle aktiwiteite gou die aandag op hulle gevestig.

Tydens die aankoop van die gholflandgoed-ontwikkeling, was meer as die helfte van die 500 standplase reeds verkoop. Dit wil voorkom dat die fondse wat aangewend was vir hierdie transaksie, deur die Sedgars-groep gekanaliseer was. Al het die familie die meerderheid aandele in die ontwikkeling besit, sou hulle optrede hier vir hulle self, onverwagte gevolge hê.

(Volgende week – laaste aflewering)