Zuma op laagtepunt


Pres. Jacob Zuma se ondersteuning het in die stedelike gebiede tot sy laagste vlak ooit gedaal.
’n Navorsingspan bekend as “TNS Research Surveys” het in ’n opname onder sowat 2, 500 stedelinge bepaal dat slegs 41% tevrede is met die wyse waarop Zuma sy werk doen, maar 51% is ontevrede en 8% is nie seker nie.
’n Vorige meting in Februarie het getoon dat hy toe ook ’n skale 41% steun het in stedelike gebiede. Sy beste steun was in 2009 toe dit 57% was.