Zuma gee massiewe salaris verhoging


Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika, Terence Nombembe, se vergoeding is met sowat R1 miljoen per jaar aangepas. Asof dit nie genoeg rede is om die verhoging te vier nie, is die aanpassing terugwerkend en geldig vanaf 2006.

Dit beteken dat ’n bedrag van sowat R6 miljoen betaalbaar is as agterstallige verhoging, en dat die maandelikse vergoeding daarna met sowat R80,000 opwaarts aangepas word.

’n Brief wat deur pres. Zuma onderteken is, wat die volle besonderhede oor die salarisverhoging uitspel, is gedateer 23 Mei 2013.

Die Ouditeur-Generaal se vergoeding sal op R2, 650, 000 per jaar te staan kom en sy uittrede voordele word ook aansienlik verhoog.

Zuma se aanpassing van Nombembe se vergoeding is glo gebaseer op aanbeveling van ’n parlementêre portefeuljekomitee.

Waarnemers meen egter dat daar rede is om te dink die massiewe verhoging kan ’n poging wees om beter verslae van die Ouditeur-generaal se kantoor te kry vir verskillende staatsinstansies.
Foto – Terence Nombembe