Wonderwerk toe vliegtuig neerstort


Twee sestienjarige meisies is dood toe ‘n Boeing 777 200-ER met 307 mense aanboord gedurende landing by die San Francisco-lughawe in die VSA, ‘n klipwal getref en in vlamme uitgebars het.

Die vliegtuig van Asiana Lugdiens het tien ure vroeë van die Incheon-lughawe in Seoul, Suid-Korea opgestyg vir ‘n regstreekse vlug na San Francisco.

Volgens van die insittndes het die vlieënier laer as gewoonlik die lughawe by San Francisco genader. ‘n Passasier het gesê dat dit geklink het asof die vlieënier gepoog het om hoogte te wen deur die enjins meer krag te gee.

Die stertgedeelte van die Boeing het die klipwal tussen die en die aanloopbaan getref en is afgeruk. Die vermoede is dat twe meisies wat dood is op daardie oomblik uit die vliegtuig geruk is.

Hulle het die noodglybane laat uitskiet en mense het begin om daarteen af te gly. Volgens Greg Suhr, hoof van die polisie in San Francisco, was ‘n deel van die reddingspoging om messe en snytoerusting vir die bemanning in die vliegtuig te gooi sodat hulle passasiers kon lossny uit hulle sitplekke.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

In ‘n vreemde toeval het nog ‘n Boeing 777 200ER probleme opgetel, vyf minute voordat die ongeluk in San Francisco plaasgevind het.

Die ongeluk in San Francisco was om 19:53, maar om 19:48 het ‘n Boeing 777 van Kenia Airways ‘n ongeskeduleerde stop in Athene gemaak weens ‘n brandwaarskuwing.

‘n Verklaring wat deur die lugdiens uitgereik is, sê dat die vliegtuig met 301 passasiers aanboord wat van Amsterdam na Nairobi gevlieg het, bewus geword het van ‘n vuuralarm in die vraggedeelte. Volgens prosedure is die
brandonderdrukkingstelsel geaktiveer en beveel om op die naaste lughawe te land.