Winkelier kry vreemde inbreker


Polisiebeamptes van Australië moes bontstaan toe dit gelyk het of iemand ingebreek het by ’n winkel in Ingham, die staat Queensland.

Wat was hul verbasing toe hulle op ‘n 5,7 meter luislang afkom.

‘n Professionele slang kenner en hanteerder is inderhaas ontbied om die reuse reptiel te verwyder.

“Geen items is egter gesteel nie.”

Die slang kenner, Virginia McGrath, het gesê die luislang was rustig, maar het wel gemors waar hy hom bevind het.

Breekware het oral stukkend op die vloer gelê en goed is van rakke af gegooi.

Die luislang is later in ‘n nabygeleë vleiland losgelaat.