Wie sal help?


‘n Inwoner van die Maranatha-sorgsentrum by Vastfontein, noord van Pretoria, is dood en sowat 20 ander het al hulle aardse besittings in ‘n brand verloor.

Die vermoede is dat ‘n gasbottel in die oorledene, Martin Gouws, se houthuisie ontplof het. Hy het vermoedelik ‘n hartaanval van die skok gekry en toe doodgebrand.

Mnr. Daan Lensley, eienaar van die sentrum het gesê dat die ander inwoners ‘n knal gehoor het en net met die klere aan hulle lyf uitgekom het. Hy sê dit is ‘n groot terugslag vir die sowat 95 ander mense, waaronder verskeie bejaardes en kinders.

“Al hulle klere, beddens en persoonlike besittings is vernietig. Hulle kon nieeers hulle identiteitsdokumente of pensioenkaarte red nie,” het hy gesê.

Volgens Lensley sal enige bydrae, maar veral beddens, matrasse, beddegoed, klere en toiletware waardeer word.

Die sentrum se webwerf is maranathasorgsentrum.co.za