Wettige rybewys nou onwettig.


‘n Fietsryer in die Suid-Afrikaanse oefengroep vir die Paralimpiese Spele in 2016 in Rio de Janeiro het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Raad vir Gestremdes en die Menseregtekommissie ingedien.

Die klag spruit voort nadat die rybewys van Dane Wilson (31) by die Waltloo-toetssentrum weggewys is toe hy sy rybewys wou hernu.

Die verkeersowerheid wou weet hoe Dane, wat al 12 jaar lank motor bestuur, in die eerste instansie ‘n rybewys gekry het. Die rybewys van Dane van Equestria, Pretoria, magtig hom om ‘n gewone handrat motor te bestuur, al het hy net een hand.

Wilson wat met die helfte van ‘n linkerarm gebore, moes die naweek hoor dat hy eers ‘n mediese vorm en ‘n doktersbrief moet inhandig. Sy het sommer net aangeneem dat sy arm ge-amputeer is.

Wilson sê sy rybewys is al drie keer vantevore sonder probleme hernu, waaronder een keer by Waltloo in 2008.