Werkloosheid styg steeds


Die getal werkloses het in die tweede kwartaal van 2013 na sy hoogste vlak sedert die jaar 2008 tot ’n astronomiese 4,723 miljoen gestyg.
Die syfers is deur Statistiek Suid-Afrika bekend gemaak.
Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het tot 25,6% in die tweede kwartaal van 2013 gestyg.
In gewone burgerlike terme beteken dit dat meer as ’n kwart van die bevolking wat kan werk, werkloos is.
Dit staan in skrille kontras met wat pres. Zuma beloof het toe hy aangekondig het dat werkloosheid hok geslaan gaan word met werkskeppingsprogramme wat honderde duisende werksgeleenthede so lewer.