Wêreld se vinnigste trein.


Frankryk is vir baie dinge bekend: sjampanje, goeie kos, modes en parfuum. Een van die mindere bekende feite is dat Frankryk ook die leier in spoorvervoer-tegnologie is.

Die vlagskip van die Franse spoortegnologie is die TGV of Train à Grande Vitesse (Hoëspoedtrein), die wêreld se vinnigste trein wat die rekord vir spoed op spore hou teen 574.8km/u of ongeveer die helfte van die spoed van klank.

TGV’s in Frankrys is iets alledaags. Dit word deur mense gebruik wat in Lyons werk maar in Parys bly; die afstand van 500 km word in minder as 2 ure afgelê.