Weermag ontken betrokkenheid


Die SANW het media berigte ontken dat Suid-Afrikaanse soldate betrokke was by die rebelle gevegte in die Demokratiese Republiek van die Kongo, (DRK).

Aanvanklik is berigte die werled ingestuur van hoe suksesvol die SANW soldate opgetree het in die DRK. Hulle was glo ’n deel van die VN-taakmag .
Inligting wat aan Die Vryburger verskaf is deur ’n persoon wat anoniem wil bly, verseker egter dat die VN-mag nog nie eers aktief is in die gebied opereer nie.

’n SANW woordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê die media moet ophou “bespiegel”.

Die Vryburger het egter inligting bekom dat die SANW nou versigtig is met hulle optrede na die fiasko waartydens 13 soldate deur rebelle doodgeskiet is in die Sentraal Afrika Republiek.