Wat het van me. Zuma se eis geword?


Die derde vrou van pres. Zuma se eis teen ’n Lugdiens wat meer as R500, 000 beloop het, en wat deur SA Airlink Lugdiens van die hand gewys is, het tot hede nog nie in die howe ter sprake gekom nie.

Die presidentsvrou het nog nie weer van haar laat hoor in die verband nie.

Die juwele wat na bewering gesteel is, was nie verseker nie en was in haar bagasie waarvan die tas ook nie gesluit was nie.

Rodger Foster, hoof van SA Airlink, het verklaar dat sy personeel onderwerp was aan verklikker toestelle en die resultaat is dat niks deur sy personeel gesteel is nie.

Dit verskraal die moontlikheid dat die juwele gesteel is tydens die vlug.

Thomas Lawrenson, ’n prokureur by die firma Webber Wentzel, het glo gesê dat die verwagting bestaan dat die vrou sterker sou optree omdat dit ’n reuse bedrag is wat ter sprake is.

“Daarom laat dit vrae ontstaan oor of sy die skade kan bewys. Maar sy kan nogtans ’n eis instel. So ’n eis verjaar normaalweg ná drie jaar,” het hy gesê.