Warmbad verjaag Uraan prospekteerders


Die Mbombela Coal (MC) het hul plan laat vaar om na uraan te prospekteer by Warmbad en Klein-Kariba-vakansieoord in Noord-Transvaal.

Mnr. Chris Wagner, die voorsitter van die Waterberg-bewaringsforum, en welbekende in volksgeledere, sê dit is ’n reuse oorwinning vir die Warmbad gemeenskap wat eendragtig saamgestaan het teen die bedreiging van uraanmyne.

Die Myngroep wou in Augustus prospekteergate op sowat 8, 000 ha in geboor het.

Nano Mataboge, Uitvoerende Hoof van die groep het gesê hy en die direkteurs het ’n indringende vergadering gehad en besef dat MC nie kan voortgaan met die projek nie.

“Ons het besef dat ’n uraanmyn so naby aan die woongebied en by Klein-Kariba nooit die goedkeuring van die inwoners sal kry nie.