Wapenskandaal.


Voormalige President, Thabo Mbeki, Trevor Manuel en ander hoëprofiel-ANC-lede sal voor die Seriti-kommissie moet getuig.

Mosiuoa Lekota, Ronnie Kasrils, destydse Minister en Adjunk-Minister van Verdediging, Alec Erwin, Oud-Minister van Handel en Nywerheid, Dept. van Verdediging en die Nasionale Tesourie, is ook geroep om te verduidelik wat die beweegrede vir die omstrede wapentransaksie was.

Na maande se uitstel sal die verhoor op 5 Augustus begin. Die Dept. van Verdediging sal eerste geroep word. Mbeki en Manuel sal in Januarie volgende jaar moet getuig.

Terry Crawford-Browne, ‘n wapentransaksie-aktivis, het gister gesê die nuwe lys getuies wat ANC-hoës insluit, is ‘n stap in die regte rigting.

Adv. Paul Hoffman, Direkteur van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika en regsverteenwoordiger van Crawford-Browne, het gesê dat die ANC-hoë sal moet bontstaan om te bewys waarom hulle so baie aan onnodige wapens bestee het.

“Hoe maak dit sin om miljarde te bestee aan wapens wat vandag nog in bokse staan,” het hy gevra.