Wapens na Jemen onderskep


Muskat: Die owerheid in die Midde-Ooste staat Oman het beslag gelê op meer as 30, 000 pistole aan boord van ‘n tenkskip wat oppad was na Jemen.

Dié beslaglegging vind plaas na ‘n hof in Abu Dhabi, in die Emirate, ses mense gevonnis het vir ‘n komplot om 16, 000 pistole van Turkye na ’n rebelle groep in die noorde van Jemen te smokkel.

Die koerant in Oman het berig dat nege burgerlikes van Oman in verband met die verskeping van die pistole in hegtenis geneem is tydens ’n klopjag in die hawe van Sohar waar die wapens gekonfiskeer is