Waarom is Nkandla-verslag geheime dokument?


Opposisiepartye eis antwoorde van die minister van openbare werke, Thulas Nxesi n.a.v ‘n brief aan die Speaker, Max Sisulu waarin hy sê dat die geheimhouding van die verslag in sake die verbeterings aan pres. Jacob Zuma se privaat landgoed namens minister Cwele ingedien is.

Die opposisiepartye wil weet hoe die minister van staatsveiligheid, Siyabonga Cwele by die geheime aangeleentheid betrek word as hy ontken dat hy dit gedoen het.

In die Nkandla-verslag wat as uiters geheim geklassifiseer is, word verbeteringe van etlike miljoene rand aan pres Zuma se privaat landgoed in die noorde van KwaZulu-Natal bespreek.

Nxesi het verlede week in antwoord op ‘n parlementêre vraag gesê die verslag is ingevolge die Minimum Inligting-veiligheidstandaarde,’n kabinetsbeleid, en die Wet op die Beskerming van Inligting van 1982. Nxesi het egter in sy brief aan die speaker nagelaat om hierdie apartheidswetgewing te noem.

(Vir interessantheid kan net herinner word dat hierdie wetgewing sy ontstaan tydens die sg. Inligtingskandaal gehad het. Die doel daarvan was om die destydse minister van finansies, mnr. Owen Horwood te beskerm.)

Vrae deur die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, kom nadat Cwele ontken het dat hy die verslag oor die verbeterings van R206 miljoen aan Zuma se landgoed geklassifiseer het.

Intussen wonder die Engelse nog steeds hoe het £17 miljoen van die £19 miljoen wat hulle aan die land geskenk het ook net suutjies in die Zuma-huis beland het.