Vyfjarige klap Zuma amper onderstebo


Dit was so hittete of pres. Zuma het die onderspit gedelf toe ’n vyfjarige seun van Oos-Londen gelykop met hom geëindig het in ’n skaakspel.

Die jong seun, Keagan Rowe (5) van Oos-Londen het die naweek teen Jacob Zuma te staan gekom en ampertjies die geveg gewen. Die skaakspel het plaasgevind net voor die Statebond-skaaktoernooi se afsluiting seremonie.

Waarnemers het op humoristiese wyse gesê die president het amper verloor omdat hy met wit soldate wou veg.