Vyf Indonesiërs deur tiere vasgekeer.


Vyf Indonesiërs deur tiere vasgekeer.

Vyf Indoniesiese mans is deur Sumatra tiere in ‘n boom vasgekeer nadat een van hulle makkers deur die roofdiere gedood is.

Vier van die grommende diere omsirkel die boomstam nadat hulle die mans drie dae gelede in die boom opgejaag het. Die tiere het hulle aanval geloods nadat hulle per ongeluk ‘n welpie dood gemaak het.

Die mans het die Mount Leuser Nasionale Park in die noorde van Sumatra binne gegaan om na skaars wierookhout te soek. Maar die mans het ook strikke gestel vir klein bokkies maar ongelukkig is ‘n tierwelpie in eengevang en doodgemaak.
Daarop het die volwasse tiere die mans aangeval. ‘n 28-jarige man is gedood in die aanval.
Vier tiere pas die boom steeds op. ‘n Reddingspan is na die gebied gestuur maar dit mag twee na drie dae neem om hule te bereik.
Die Leuser ekosistee bied ‘n tuiste aan die sowat 5,800 van die oorblywende 6,600 hoogs bedreigde Sumatra oerangoetangs asook olifante en tiere, maar dit word bedreig deur kommersiële bedrywighede soos palmolie plantasies.