VSA gee steeds hulp aan Egipte


KAïRO. – Die Amerikaners sê hulle gaan voort met hulpverlening aan die weermag van Egipte.

Die hulp wat verleen word beloop sowat R13 biljoen jaarliks.

Die VSA het die inligting bekend gemaak ten spyte van die weermag se rol met die demokratiese verkose president, Mohamed Morsi, se afsetting en soldate se volgehoue geweld teen betogers.

Intussen is berig ontvang dat daar sowat 50 van Morsi se ondersteuners in Kaïro dood geskiet is deur soldate.

“Dit sal nie in die beste belang van Amerika wees om onmiddellik ons hulpprogram aan Egipte te verander nie,” het ‘n woordvoerder vir die Withuis, Jay Carney, glo gesê.
Foto – Mohamed Morsi,