Vrouemonument: Beeldhouer se handtekening gevind


Die beroemde beeldhouer, Anton van Wouw, se handtekening is eers ná ’n eeu gevind op die bekende Vrouemonument in Bloemfontein.

Van Wouw se handtekening is agter die Voortrekkervrou wat met die sterwende kind op haar skoot sit, gevind waar dit op die plat oppervlakte versteek is.

Normaalweg het beeldhouers die reg om hulle naam aan te dui op die beeldhouwerk wat hulle geskep het. Die destydse Kommissie van die Vrouemonument wou dit nie toelaat nie aangesien dit die aandag van die beeldhouwerk sou aftrek.

Die beeld moes herstel word vir die eeufeesviering vanjaar aangesien daar ’n kraak was wat verseël moes word.
.
Die monument se sandsteen konstruksie moes ook aandag kry. Kontrakteurs wat sandsteen vanaf die Oos-Vrystaat moes kry het maande aan dié projek gewerk.