Voortsetting van ANC verkiesings-slenter


Hennie Barnard (73) was sy ¬lewe lank ’n getroue Nasionale Party ondersteuner wat met die induie storting van dié liberale party, sy stem vir die DA gegee totdat die ANC-regering vir hom ’n Hop-huis gebou het.

Hy is een van 15 verarmde wit gesinne naby Danville in Pretoria wat ’n Hop-huis uit “die hand van Zuma” ontvang het.

Dié gebaar aan inwoners van die veelrassige woonbuurt is volgens Jacob Zuma die regering se manier van weldade verrig op Mandela se verjaardag.

Zuma het tydens die oorhandiging gesê “niemand moet soos weeskinders in hul eie land voel nie”.

Die regering het ontken die oorhandiging ’n politieke slenter van die ANC is om stemme vir volgende jaar se verkiesing op te stapel.

Dit het swartes in dieselfde gebied ontstoke gelaat dat Zuma vir blankes huise gee terwyl hulle eerste op die waglys is.

ANC Verkiesings plakkate met Mandela daarop was oral in die strate te sien.

Alta Rheede het ook saam met haar man ’n huis gekry en gaan nou ook vir die ANC stem.

Chrissie Nel (36) en haar man, Jackie (58), het in Bethlehem gewoon, maar is uitgeskop “omdat ek heel eerste vir Zuma vir ’n Hop-huis gevra het toe hy ons destyds besoek het”.
Die Vryburger het maande gelde gerapporteer van die ANC se nuwe aanslag in die Vrystaat waartydens verarmde blankes letterlik omgekoop is om ’n konferensie by te woon.