Voortrekkerbeweging kry nuwe leier


“Ons is deel van die land se legkaart. Ons kan nie ons eie stukkie vertroetel asof dit die hele legkaart is nie. Ons wil as Afrikaners die swart en bruin lede laat tuis voel in die beweging”.

Dit is die woorde van die nuwe leier, dr. Danie Langner, van die eens trotse Afrikaner beweging.
Hy het die leierskap oorgeneem by prof. Piet Strauss wat die tuig neerlê.

Die ideaal wat hy met die Voortrekkers deel, is om ’n generasie leiers te kweek wat invloed in hul land kan uitoefen. Enersyds sien hy die beweging as ’n trotse Afrikaner-beweging. Andersyds is hulle volledig deel van die groter samelewing in die nuwe Suid-Afrika en wil hulle juis daar ’n bydrae lewer want hulle wil saamwerk.

Die terugkeer na die glorieryke tyd is verby en daar is nie sprake van so iets nie.

Langner is ook aan die hoof van die linkse FAK wat beheer word deur die multikulturele Solidariteit.
Foto – Danie Langner