Volksmoord: Sterftes steeds hoër


In die eerste 17 dae van Julie 2013 het nege blankes met hulle lewens betaal as gevolg van die wraaksug en haat van swartes.

Dit is die uitspraak van ’n bestuurslid van Volksmoord Projek 2010, die organisasie wat die moorde op volksgenote in ’n volledige databank bewaar vir die nageslag.

Die syfers beteken dat daar elke tweede dag ’n blanke vermoor is deur anderskleuriges in minder as drie weke van Julie vanjaar.

Die tendens is uiters kommerwekkend as dit gemeet word teenoor presies dieselfde tyd in 2012 toe drie volksgenote omgekom het in volksmoord aanvalle. Toe was daar gemiddeld een blanke elke ses dae vermoor.

Sedert 1 Januarie verlede jaar tot en met 17 Julie 2012 is 77 blankes vermoor. In die ooreenstemmende tyd in 2013 is 81 blankes reeds vermoor deur terroriste.

Intussen is nog moorde op volksgenote bekend gemaak.