VN bekommerd oor Egipte


Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Ban Ki Moon, het ‘n ernstige beroep op die Egiptiese weermag gedoen om die afgesette pres. Mohammed Morsi, asook ander prominente leiers van die Moslem Broederskap vry te laat.

Ki Moon het die saak aangeroer terwyl teenstanders sowel as ondersteuners van Morsi gereed maak vir ’n landwye massa-betoging.

Westerse lande is erg begaan oor die toestand in Egipte. Die krisis kan lei tot ’n grootskaalse oorlog en die destabilisering van die totale gebied.
Die Weermag van Egipte het belowe dat die land binnekort gelei gaan word na ’n demokrasie, maar Westerse leiers meen dat dit moontlik net ’n belofte is wat nie werklikheid gaan word nie.
Foto- Ban Ki Moon