Vliegtuig vanaf Moskou moes herlei word


Die Boliviaanse president, Evo Morales, aanboord van ’n vliegtuig moes na Wene in Oostenryk gaan omdat Frankryk, sowel as Portugal, sonder waarskuwing geweier het dat hul lugruim gebruik word..

Die twee lande het waarskynlik gedink dat fluitjieblaser Edward Snowden op die vlug is.

Die vliegtuig was van Rusland se hoofstad, Moskou, na die Boliviaanse hoofstad La Paz onderweg.

Die Minister van Verdediging van Bolivia het die optrede as ’n gebaar van vyandigheid beskou met sy opmerking in die verband.

“Hierdie is vyandige optrede deur die Amerikaanse staatsdepartement, wat verskeie Europese regerings gebruik,” het hy gesê.

Waarnemers het aan Die Vryburger gesê dit is duidelik dat die Obama-regering alles in hulle vermoë doen om Snowden se vêrdere optrede in te perk, maar in die proses talle nuwe vyande vir hulleself skep.
Foto – Pres. Evo Morales