Vliegtuig ongeluk eis 10 lewens


’n Woordvoerder in Amerika het bekend gemaak dat 10 mense in ‘n vliegtuigongeluk dood is by ‘n lughawe in Alaska.
Die Nasionale Vervoer-veiligheidsraad se woordvoerder, Clint Johnson, sê die vlieënier met al nege die passasiers is in die ongeluk by die Soldotna-lughawe dood.
Een van die vliegtuigvlerke is deur vlamme vernietig nog voor brandbestryders kon opdaag.
Blykbaar het iets verkeerd gegaan net toe die vliegtuig besig was om op te styg van die baan.
Die Soldotna-ongeluk volg kort op die ongeluk waar ’n Boeing 777 by San Francisco se lughawe twee studente se lewens geëis het