Vliegtuig kaping by lughawe


Die polisie is inderhaas na die lughawe by Kempton Park nadat hulle blykbaar ’n wenk gekry het dat ’n gekaapte vliegtuig daar geland het.

Die “wenk” was toe ’n leuen.

Een passasier het vertel dat die vliegtuig vanaf Kaapstad geland het en kon nie geparkeer word nie omdat ’n ander tuig verkeerd geparkeer het. Dit het ’n vertraging van bykans ’n uur veroorsaak.

Die passasier, wie verkies om anoniem te bly, vertel dat die vlieënier ’n baie vreemde aankondiging gedoen het.

Hy het glo gesê: ‘Die lughawe-owerhede en die polisie sê die vliegtuig is gekaap en ek is nie wie ek sê ek is nie’,”

Polisie was oral rondom die vliegtuig. ’n Aaantal polisievoertuie en ’n brandweerwa was ook op die toneel ontplooi.

By vêrdere navraag is gevind dat gaar geen kaping was nie.