Vliegongeluk eis twee lewens


‘n Meganiese fout met die enjin was moontlik die oorsaak van die vliegongeluk waarin ‘n vluginstruktrise, Odette Prinsloo (24) en ‘n student Juan Claasen (19) dood is.

Dit is slegs die mening van haar leermeester, Joggie Prinsloo (nie familie nie) van Bethlehem in die Vrystaat. Burgerlike Lugvaart ondersoek nog die ongeluk.

Volgens ooggetuies het dit gelyk asof die vliegtuig kort nadat dit opgestyg het, probeer terugdraai het, waarna dit kop eerste in ‘n oop veld neergestort het.