Vlieg sonder vliegtuig


‘n Switserse avonturier is in die VSA om vir mense te wys hoe hy met ‘n spesiaal-ontwerpte vliegpak hoogtes van duisende meter kan bereik.

Yves Rossy, ook bekend as “Jetman,” doen demonstrasies by die Eksperimentele Vliegtuig-assosiasie se skou in Wisconsin. Hy het gewys hoe hy met sy Kevlar-vliegpak met vier enjins vlieg – letterlik gevlieg sonder ’n vliegtuig!

Hy kan ‘n spoed van 306 km per uur bereik deur sy jetpak met ‘n handversneller te beheer en hy kan ‘n hoogte van 3, 600 meter bereik.

Rossy sê hy hoop om mense met sy vlug te ”inspireer”.