Vlieënier was onervare


Die vliegtuigongeluk in San Francisco waarin twee Chinese tieners dood is, was dalk a.g.v. ‘n oordeelsfout deur die vlieënier.

‘n Woorvoerder van Asiana Airlines., ‘n Suid-Koreaanse lugredery, het gesê dat die senior vlieënier, Lee Jung-min, sy opleidingsertifikaat in Junie vanjaar ontvang het.

Lee Kang-kuk, die tweede mees junior vlieënier uit die vier wat aan boord was, het slegs 43 uur langafstand vliegondervinding gehad. Hy het sy eerste Boeing 777-landing in SanFrancisco gemaak.

Suid-Korea se departement van vervoer het gesê dat die stert van die vliegtuig die aanloopbaan getref het net voordat dit by die San Francisco-lughawe neergestort het.

Die twee Sjinese meisies wat dood is, sou ‘n somerkamp in die Verenigde State bygewoon het. Meer as 180 mense is in die ongeluk beseer.