Vir die huisvrou- sultansgenot


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week het ons ‘n vinnige en lekker gereg, wat saam met vla as ‘n nagereg bedien kan word, of net as ‘n tert genuttig kan word. ‘n Ander woord vir Sultansgenot is ‘n klappertert. Kan u lesers ons dalk help, hoekom word dit so genoem, en waar kom dit vandaan? Lekker eet!

Sultansgenot :
500 ml melk
250 ml witsuiker
250 ml klapper
125 ml koekmeel, ongesig afgemeet
50 g / 60 ml botter / margarien
5 eiers
5 ml vanieljegeursel
2 ml bakpoeier
Knippie sout

Voorverhit die oond tot 180 ˚C
Smeer ‘n oondbak of oond pan met botter
Klits al die bestanddele saam tot gemeng
Gooi in ‘n bak en bak vir 30 tot 60 minute tot goudbruin en uitgepof.
Lewer ‘n middelslag tert.